Sunday, 30 March 2014

Noah a Surprisingly Good Watch: We Are the Protectors of Earth

I remember sitting in the food court at a mall in Austin, Texas somewhat dreading the movie that I bought a ticket for.  I so badly wanted to see 300 Rise of An Empire in the Imax cinema, but alas, the earliest screening was too late for a 4 o' clock get up the next morning. 

I sat down in cinema 1 and Noah was spreadeagle across the Imax screen.  I had my concerns of this movie beforehand.  I was convinced that Hollywood would (too much wood in this sentence) deliver a highly-sceptical, highly-critical motion picture to account for the Biblical account of the Noah and the Great Flood.  I had this idea that nothing positive about Christianity could ever come from America's bluest state.  I was so wrong.

Noah, even despite the fact that I have read the Biblical account quite a few times before, was a gripping, emotional roller-coaster.  My hands were found around my mouth or head for most of the movie.  There were numerous goosebump (or we would call it in Afrikaans chicken-skin) moments.  The Bible was never written in the most exciting manner and thus reading the story of Noah didn't seem like such a big deal.  The movie, however, masterfully captures the enormity of the ark and the actual flood.  The movie (unlike the Bible) focusses quite a bit on "Man".  In the Bible, God basically condemns Man for being sinful and evil and there is a mention of how Noah was ridiculed for building an ark whilst Men went on with their lives as normal.  The movie shows some of the sinfulness Man committed unlike anything  in the Bible.  Cannibalism, infanticide, slavery, etc. are all shown in a brief scene where Noah stands among Men.  You know, one reads about things like cannibalism and think, "Hmm, that must be really suck."  However, when you can see how a starving husband ruthlessly rips his son from his distraught wife's arms to eat the poor babe and get to see the emotion and hurt involved, one is left shell-shocked in one's seat.  To think, we built the world on such evil and sin.  To think, it probably still happens today seeing that there are more slaves on Earth now than ever before in history.  Very graphic, as the Bible also is, is the movie.  Reminiscent of The Wolf of Wall Street.  The two movies don't hold back to show you how things really transpired.  I absolutely love to watch films that are expository in nature, because it broadens one's horizons, gives great understanding of the plight of others and therefore can expand on true empathy (and less sympathy) for others.  Empathy is more likely to lead to action.  Action is a good thing.

In a way that I did not expect it, the movie strengthened my own personal faith.  I really enjoy experiencing a story by watching or playing it (such as the Assassin's Creed series or The Elder Scrolls).  I do sometimes read, but it is mostly limited to required readings of college classes or articles from newspapers and magazines.  Maybe my world-forming creativity which fictional reading expands is just weak, I'm not sure.  Noah allowed me to see the Bible (the book I have read more than any other, but without real colour or flair) in a way as never before.  I felt unashamed, more convicted of my own personal faith.  Whenever I stop by in Genesis again, the words will come to live as never before. 

Finally, whether or not you believe the story of Noah is true or not (I am biased, I'm afraid, in saying that I do believe) the movie carries a strong, impactful message.  Love and mercy wins.  Always. The task that has been set before us is an almighty one.  Possibly from afar insurmountable, but remember we were ordained from time immemorial to take stewardship of this Earth.  Whether like me, you believe God gave that task to us or whether you believe billions of years of evolution has brought us to the apex of existence and has through our innovation, intellect and above all curiosity given us the incredulous power to shape our world and universe to our whims, power to you.  But our task is clear, we are the protects of Earth.  If our first priorities in life does not include some form of preservation or protection of nature then woe is us! 

Be ye fruitful and multiply.  Let thy seed be as the stars of the everlasting heavens.  Protect this Earth I have given to you, my children.

Let the task that I have set before you, never depart your wanderings on this Earth.
TheLonelyman

Tuesday, 18 March 2014

Die Manseun op 20

Vandag omstreeks 7305 gelede is ek gebore in 'n klein dorpie genaamd Kleinzee in Namakwaland.  Dit was die begin van 'n wonderlike reistog waarop ek die afgelope dag of wat heelwat gedink het. 
 
Ek het meer as 20 lande besoek, duisende mense ontmoet en in verbintenis mee getree, meer as 100 keer al gevlieg (gelukkig nooit weggeraak soos die Malaysia 370 vlug nie!), die voorreeg gehad om teen die wereld se bestes deel te neem in my gekose sport, hoërskool in die beste skool in die wêreld voltooi, universiteit toe te gaan in Amerika, maar rerig dit is alles nietighede as ek dit moet vergelyk met die mense in my lewe wie my gedra het tot waar ek vandag is. 
 
Mamma en Pappa kry obviously die grootste eer, die dat ek vanuit hul kom.  Ek het die afgelope paar maande so baie van kindgrootmaak geleer, veral oor alles wat kan foutgaan.  Sjoe, ek het ampertjies-ampertjies verkeerd uit gedraai, maar deur die Here se genade en my ouers se liefde en ondersteuning, het ek darem al 20 jaar gehaal.  Te dink miljoene der miljoene mense gaan nooit hul 20's bereik nie.  Daardeur alleen weet ek dat God my met veel meer as wat ek ooit verdien geseën het.  My ouers was daar vir my struikels en my juig.  My eerste treë en my grootste teleurstelling.  Ek weet ek is geseën met hulle.  Soveel mense het net een ouer, geen ouers of kom uit gebroke huishoudings, maar ek is geseën om vanuit 'n ietwat normale huishouding te kom. 
 
Van alle mense buiten my ouers het my  suster my die meeste beinvloed.  Van my musiek smaak, die movies en series wat ek gekyk het, die games wat ek gespeel het, die video's wat ek gekyk het, die manier waarop ek sekere dinge sien, dit is danksy haar.  Soos enige broer en suster het ons seker meer vasgesit as saamgespeel, maar al die goeie tye sal ek vir altyd onthou.  Die mense wat daar van die begin af was Ouma, Joyce, ooms, tannies, neefs, niggies en familie vriende, baie dankie vir al die goeie tye en die kere wat ons kon saam spandeer en saam lag. 
 
Sekere onnies het ook groot rolle in my lewe gespeel juffrou Goosen wat my 4 voorskool jare gelei het in Micky en Minnie speelgroep, juffrou Engelbrecht in graad 1, juffrou Schreiber in laerskool, juffrou Nel-Hugo in hoërskool en meneer Veldsman ook in hoërskool.  Baie dankie ook aan elkeen van julle (en ook die wie ek nie genoem het nie) vir die massiewe rolle wat julle in my opvoeding gespeel het tot dusver.  Ek sou maar dom gewees het sonder jul leiding.
 
Sport het ook 'n redelike groot rol in my lewe gespeel.  Baie dankie Pappa, Oom Johan, John, Janus, Marius, meneer Veldsman en Paul vir al die raad en diskusse terug gooi.  Veral dankie aan Pappa wat omtrent soveel gooie soos ek gegooi het, ook gegooi het.  Ek het nie baie oefenmaats gehad nie, maar Nielké was een van hulle.  Baie dankie vir die saamoefen en dat jy altyd my nors buie kon verduur!
 
Vriende en vriendinne Schalk, Lourens, Albert, Hekkie, Marina, Renaldo, Alwyn, Viktor julle is legends.  Obviously is dit nie almal nie.  Baie dankie vir julle ook.  Ook dankie aan familievriende soos die Swanepoele, Van Zyls, De Beers, Matthees, Kotzes, Engelbrechts, Mosterts, Du Toits, De Wets, Zandberge en Burgers saam met wie ons baie goeie tye gehad het en hopelik nog baie kan he!
 
Baie dankie ook aan Koingnaas, Kleinzee, Hondeklipbaai, Paarl, Struisbaai, Kaapstad, Mobile, Suid-Afrika, Amerika, Gim, KPS, South Alabama en al die ander instansies en plekke wie my die manseun gemaak het wat ek vandag is.
 
Ja, so hierdie was meer van 'n dankblog, maar ek inderwaarheid is dit wat ek vandag meer as enigiets ervaar - dankbaarheid. 
Al is jy glad nie genoem in die blog nie, baie dankie vir die rol wat jy ook in my lewe gespeel het.  Somtyds was een minuut van jou tyd iets wat lewenslank by my bly.
 
Mag die genade en vrede van my God altyd by julle wees. 
 
Dit sal moontlik die laaste Afrikaanse blog vir 'n hele tydjie wees.
 
Nou om te gaan eet
Janneman

Tuesday, 11 March 2014

My Onrustigheid Broei

So die afgelope klompie dae was nou nie die lekkerste vir my nie, dis seker waarom ek weer 'n Afrikaanse blog moet doen.  Als is maar net beter in mens se hartstaal.

"Maar jy het dan anderdag so goed gedoen in die atletiek, jy moet mos bly wees?!"

Ja, dit het vir my tydelike geluk gebring.  Dis die tipe geluk wat jy ervaar wanneer jy weet jy het moeite vir iets ingesit het en jy sien darem vir 'n slag 'n produk.  Nee, maar dis bakgat.  Ek is bly 8 jaar se oefening het my gebring tot waar ek nou is en waar ek nou is, is nog nêrens nie.

Maar my oë kyk leweloos en blank in die verte in, die verte wat deur grys wolke gepleister word en die spasie tussenin wat deur die sagte reëndruppels gevul word.

"Wat nou?"  vra ek myself.   "My rewolusie is verby." lamenteer ek. 

Jy sien, in Amerika is die mense gaande oor die uiterlike.  Dit is waarom as jy 'n rolprent of 'n Amerikaanse reeks op die televisie sien, is almal so grênd aangetrek. Hul vingers  met allerhande juweliersware en jaarsalaris horlosies hang pronkerig om die gewrigte.  Hare netjies gesny en in 'n sosiaal aanvaarbare norm gevorm.  Geselsies volg standaardformate waar koeitjies en kalfies voorrang kry bo jou naaste se lyding.  Skoene netjies gepoets. 

Hm, skoene.  Weet jy wat mense hier doen as jy NIE skoene aan het nie?  Nee, nee, die polisie kom sluit jou darem nie toe nie, maar, om die waarheid te sê, ek is verbaas ek is nog nie toegesluit oor my kaal voete nie.  Die konformiste brand 'n gat in jou siel deur hul genadeloos staar.  Die ooms en tannies wip hulself oor jou tekort aan skoene en bevraagteken jou geestesgesondheid.  Jy word summier geweier om in 'n eetplek in te gaan.  Ja, jy lees reg.  In Amerika mag jy NIE EET NIE tensy jy skoene aan jou voete nie.  Nou, ons doen baie dinge verkeerd in Afrika, maar ons kommer ten minste nie oor hoe iemand aangetrek is as hul eet nie.  So, was ek al 'n hele paar keer geweier om in eetplekke in te gaan, omdat die skaam nie bedek is nie.  Dan vra ek die ondersteuners van die valse god, waarom ek my skoene moet bedek.  Die reaksie is ongemaklike, effens geirriteerde gesigte, gevolg deur 'n repitisie dat jy skoene moet aantrek.  Ek maak 'n halwe glimlag, lag in my mou en vra weer.  "Uhmm, want dit is die reëls.  Dit is onhigiënies." 

Op daai oomblik skree die stem so diep in my middeste dat ek hulle moet teregwys.  Ek wil so graag hul argument stuk vir stuk uitmekaar haal en vernietig.  Ek wil SO GRAAG.  Maar ja, ek is 'n lafaard.  Ek mompel die kreet van my hart en haal onwillig plakkies uit my rugsak uit, duidelik het ek al dit oorgekom in die verlede.

Laterhand skryf die koerante van jou kaalvoete.  Nou is ek in die publieke oog.  "Kyk, daar is die kaalvoet ou!"   Jou afrigters ban jou kaal voete later uit plekke waar jy daagliks moet wees.  Jy druk hul geduld tot op die laaste.  Jy kyk of hulle sal toegee.  Hulle staan vas.

En dan op 'n grys, nat Dinsdagoggend kom jou afrigters se base en knip jou vlerke vir goed af en dan vind ek myself aan die staar na die grys horizon.

Mense, ek het probeer om die mense hierso te wys dat voete nie lelik is nie.  Ek het hul probeer wys dat voete natuurlik is.  Ek het hul probeer wys dat voete nie iets is waarvoor ons bang moet wees nie.
Helaas, my moeites het die tenoorgesteld veroorsaak. So, ons gaan terug na die gevoel van die atletiek.  Ek het moeite in 'n ding ingesit en gehoop vir 'n sekere uitslag, maar nie net kry ek nie die uitslag waarvoor ek gehoop het nie, maar die tenoorgestelde. 

So, hoe met 'n mens dan voel?  Wel, ek voel ietwat depressief, ietwat soos 'n mislukking. 

Ek kan die situasie verder vat, soos die groot rewolusie leiers van ouds sou, maar daar is te veel om te verloor.  Deesdae heg ek ongelooflik baie waarde daaraan om vir jouself op te staan.  Dit is seker maar gekoppel aan my idealisme.   Ek het probeer opstaan in my geloof in Vryheid en om Amerikaners nader aan die natuur te bring, die natuur van ons eie liggaams.   Hulle het my egter aan die ballas beet.  As ek sou spartel of hul verder kwaad maak, dan gaan die houvas seerder word.  As ek nou opgee, dan sal hul houvas verslap, maar my Vryheid ingeperk. 

Hierdie is seker maar een van daardie situasies waar mense moet ingee.  Maar wat is volgende?  Gaan hul later vir my sê ek moet my jaar en 'n half lange hare ook skeer?  Gaan hul vir my sê ek mag nie meer kortbroeke dra nie?  Gaan hul vir sê om hul landslied te sing en hul regering te aanbid?

Ek hoop, om Vader's naam, hierdie is die einde van my stroewelinge met die magte bo my.  Laat hul net weet dat ek nie agteroor gaan buig nie.  Hierdie is die einde van my toegewings, al moet ek later meer Vryheid en/of voorregte prysgee. 

Ek kan nie my hele lewe wegkruip en 'n mat wees waaroor die wêreld kan loop nie.  Ek is tog ook 'n mede-mens, ek verdien tog ook menswaardige behandeling.

Ai, nou moet ek net myself hiervan oortuig
Jannaman