Tuesday, 18 March 2014

Die Manseun op 20

Vandag omstreeks 7305 gelede is ek gebore in 'n klein dorpie genaamd Kleinzee in Namakwaland.  Dit was die begin van 'n wonderlike reistog waarop ek die afgelope dag of wat heelwat gedink het. 
 
Ek het meer as 20 lande besoek, duisende mense ontmoet en in verbintenis mee getree, meer as 100 keer al gevlieg (gelukkig nooit weggeraak soos die Malaysia 370 vlug nie!), die voorreeg gehad om teen die wereld se bestes deel te neem in my gekose sport, hoërskool in die beste skool in die wêreld voltooi, universiteit toe te gaan in Amerika, maar rerig dit is alles nietighede as ek dit moet vergelyk met die mense in my lewe wie my gedra het tot waar ek vandag is. 
 
Mamma en Pappa kry obviously die grootste eer, die dat ek vanuit hul kom.  Ek het die afgelope paar maande so baie van kindgrootmaak geleer, veral oor alles wat kan foutgaan.  Sjoe, ek het ampertjies-ampertjies verkeerd uit gedraai, maar deur die Here se genade en my ouers se liefde en ondersteuning, het ek darem al 20 jaar gehaal.  Te dink miljoene der miljoene mense gaan nooit hul 20's bereik nie.  Daardeur alleen weet ek dat God my met veel meer as wat ek ooit verdien geseën het.  My ouers was daar vir my struikels en my juig.  My eerste treë en my grootste teleurstelling.  Ek weet ek is geseën met hulle.  Soveel mense het net een ouer, geen ouers of kom uit gebroke huishoudings, maar ek is geseën om vanuit 'n ietwat normale huishouding te kom. 
 
Van alle mense buiten my ouers het my  suster my die meeste beinvloed.  Van my musiek smaak, die movies en series wat ek gekyk het, die games wat ek gespeel het, die video's wat ek gekyk het, die manier waarop ek sekere dinge sien, dit is danksy haar.  Soos enige broer en suster het ons seker meer vasgesit as saamgespeel, maar al die goeie tye sal ek vir altyd onthou.  Die mense wat daar van die begin af was Ouma, Joyce, ooms, tannies, neefs, niggies en familie vriende, baie dankie vir al die goeie tye en die kere wat ons kon saam spandeer en saam lag. 
 
Sekere onnies het ook groot rolle in my lewe gespeel juffrou Goosen wat my 4 voorskool jare gelei het in Micky en Minnie speelgroep, juffrou Engelbrecht in graad 1, juffrou Schreiber in laerskool, juffrou Nel-Hugo in hoërskool en meneer Veldsman ook in hoërskool.  Baie dankie ook aan elkeen van julle (en ook die wie ek nie genoem het nie) vir die massiewe rolle wat julle in my opvoeding gespeel het tot dusver.  Ek sou maar dom gewees het sonder jul leiding.
 
Sport het ook 'n redelike groot rol in my lewe gespeel.  Baie dankie Pappa, Oom Johan, John, Janus, Marius, meneer Veldsman en Paul vir al die raad en diskusse terug gooi.  Veral dankie aan Pappa wat omtrent soveel gooie soos ek gegooi het, ook gegooi het.  Ek het nie baie oefenmaats gehad nie, maar Nielké was een van hulle.  Baie dankie vir die saamoefen en dat jy altyd my nors buie kon verduur!
 
Vriende en vriendinne Schalk, Lourens, Albert, Hekkie, Marina, Renaldo, Alwyn, Viktor julle is legends.  Obviously is dit nie almal nie.  Baie dankie vir julle ook.  Ook dankie aan familievriende soos die Swanepoele, Van Zyls, De Beers, Matthees, Kotzes, Engelbrechts, Mosterts, Du Toits, De Wets, Zandberge en Burgers saam met wie ons baie goeie tye gehad het en hopelik nog baie kan he!
 
Baie dankie ook aan Koingnaas, Kleinzee, Hondeklipbaai, Paarl, Struisbaai, Kaapstad, Mobile, Suid-Afrika, Amerika, Gim, KPS, South Alabama en al die ander instansies en plekke wie my die manseun gemaak het wat ek vandag is.
 
Ja, so hierdie was meer van 'n dankblog, maar ek inderwaarheid is dit wat ek vandag meer as enigiets ervaar - dankbaarheid. 
Al is jy glad nie genoem in die blog nie, baie dankie vir die rol wat jy ook in my lewe gespeel het.  Somtyds was een minuut van jou tyd iets wat lewenslank by my bly.
 
Mag die genade en vrede van my God altyd by julle wees. 
 
Dit sal moontlik die laaste Afrikaanse blog vir 'n hele tydjie wees.
 
Nou om te gaan eet
Janneman

No comments:

Post a Comment